SkoolToetse.co.za
Intermediêre Fase · gratis

Graad 6 skool toetse en CAPS-toetse

Graad 6 toetse en assesserings vir elke vak

Kies ’n vak hieronder. Elke Graad 6 toets is gratis, volg CAPS, en wys ’n verduideliking by elke antwoord.

Gratis Graad 6 skool toetse aanlyn

Hierdie is gratis Graad 6 skool toetse vir elke vak wat ’n kind in Graad 6 skryf. Kies ’n vak hierbo, kies ’n onderwerp, en die toets begin dadelik. Daar is geen registrasie nie, geen advertensies nie, en niks word gestoor nie.

Dit is Graad 6 CAPS-toetse: elke onderwerp volg die CAPS-kurrikulum, en elke vraag is oorspronklik geskryf en in Afrikaans nagegaan. Ons het die onderwerplyste teen meer as 400 werklike Suid-Afrikaanse November- en kwartaalvraestelle getoets om seker te maak dat die toetse dek wat skole werklik vra — nie net wat ons dink hulle vra nie.

Gebruik hulle as vinnige Graad 6 assesserings. Elke antwoord wys onmiddellik of dit reg is, met ’n kort verduideliking waarom, so ’n kind leer terwyl hy oefen in plaas van om eers aan die einde te sien wat verkeerd was.

Watter vakke word gedek?

Graad 6 se toetse hier dek Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis, Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde en Lewensvaardighede. Wiskunde het sy eie werf, waar elke som met nuwe getalle gegenereer word sodat ’n kind nooit dieselfde vraag twee keer kry nie.

Vir elke vak is die onderwerpe volgens die twee vraestelle gegroepeer, presies soos die skool se eksamenrooster dit verdeel. So kan ’n kind vir Vraestel 1 oefen sonder om deur Vraestel 2 se werk te blaai.

Hoe om die toetse te gebruik

Begin by die vak waar die laaste rapport die swakste punt gewys het. Doen een onderwerp op ’n slag eerder as ’n lang sessie — vyf tot tien minute per dag werk beter as een lang aand voor die toets. Herhaal ’n onderwerp ’n paar dae later: die vrae kom in ’n ander volgorde en ’n mens sien gou wat werklik bly vassteek.

Hierdie is gratis Graad 6 oefentoetse wat die kind op die skerm doen, met terugvoer op elke antwoord.

Gebou uit werklike ou vraestelle

Ons het nie hierdie vasvrae uit ’n handboek geskryf nie. Ons het meer as 400 werklike laerskool vraestelle ontleed — November-vraestelle, kwartaaltoetse en amptelike ANA-vraestelle van Graad 4 tot Graad 7 — en elke vraestel se onderwerplys en punteverdeling uitgetrek.

Daardie ou eksamenvraestelle het gewys waar ons vasvrae kortgeskiet het. Waar ’n graad 6 toets vraestel ’n onderwerp getoets het wat by ons ontbreek het, het ons dit bygeskryf. Waar ons ’n onderwerp gedek het wat in géén vraestel voorkom nie, het ons dit reggestel. Dit is waarom hierdie laerskool toetse werklik dek wat skole vra.

Ons kon dit doen omdat werklike eksamenvraestelle ’n patroon wys wat ’n mens nie kan raai nie: watter onderwerpe elke jaar terugkom, hoeveel punte elkeen kry, en hoe die vrae gestel word.

Graad 6 vraestelle en memorandums (PDF)

Die aanlyn toetse op hierdie bladsy is gratis. Wat ons ook maak — en verkoop — is drukbare Graad 6 vraestelle en memorandums: oorspronklike Graad 6 CAPS-vraestelle vir elke vak, uitgelê soos ’n skool dit uitlê, elk met ’n volledige memorandum om na te sien.

Ouers wat soek na Graad 6 eksamenvraestelle en memorandums, of Graad 6 toetse en memo’s, wil gewoonlik presies dit hê: ’n vraestel om met pen en papier te skryf, en dan ’n memo om dit na te sien. Ons s’n is van nuuts af geskryf om te pas by wat werklike vraestelle vra, nie van ou skoolvraestelle afgeskryf nie.

Elkeen kom as ’n PDF om tuis te druk — Graad 6 vraestelle PDF vir die kwartaaltoetse en Graad 6 eksamenvraestelle PDF vir die eksamens — sodat hulle saam as Graad 6 toetse en memorandums en Graad 6 assesseringsvraestelle vir die jaar werk.

Bestel op WhatsApp. Tik op Koop Toetse, sê vir ons die graad en die vakke, en ons stuur vir jou die Graad 6 toetse PDF-skakel sodra die vraestelle gereed is.

Wat elke vak se vraestelle dek, onderwerp vir onderwerp: Graad 6 vraestelle en memorandums.

’n Gids vir ouers oor Graad 6 wiskunde

Wat verander in Graad 6, waar kinders gewoonlik struikel, en hoe ’n mens sien of jou kind agter raak — dit staan op grade6maths.co.za, geskryf vir die ouer eerder as vir die kind.

Wat Graad 6 in November toets

Die November-sitting toets nie die hele jaar nie — dit toets hoofsaaklik Kwartaal 3 en 4, met dele van die eerste twee kwartale wat weer opduik. Daarom dek elke vasvra hier die hele jaar se onderwerpe eerder as net die laaste kwartaal s'n.

Die vakke met twee vraestelle — Natuurwetenskappe, Geskiedenis, Aardrykskunde en Lewensvaardighede — verdeel die werk in twee helftes. Die vasvrae hou by daardie verdeling, sodat 'n kind kan oefen vir die vraestel wat eerste kom.

Gereelde vrae oor Graad 6

Waarom is wiskunde nie hier nie?

Wiskunde het sy eie werf, wiskundetoetse.co.za, waar elke som met nuwe getalle gegenereer word. Die wiskundeblok hierbo skakel reguit na die Graad 6-bladsy daar.

Watter vak moet my kind eerste doen?

Begin by die vak waar die laaste rapport die swakste punt gewys het. Is daar nie 'n duidelike swakke plek nie, begin by Natuurwetenskappe — dis die vak met die meeste feite om te onthou.

Hoe lank vat een vasvra?

Jy kies self: 10, 25 of 50 vrae. Tien vrae vat gewoonlik vyf tot tien minute.

Word my kind se punte gestoor?

Nee. Ons vra geen naam of e-posadres nie, en sodra jy die bladsy toemaak is die punt weg.

DeelKoop Toetse